Formule 1 het die Bahrain- en Saoedi-Arabiese Grand Prix-wedrenne gekanselleer
- Saamgestel deur Armando Pieters

- 3 hours ago
- 1 min read
Formule 1 het die Bahrain- en Saoedi-Arabiese Grand Prix-wedrenne wat vir April beplan was, gekanselleer weens die konflik in die Midde-Ooste.
Die sport se beheerliggaam, die FIA, en Formule Een-bestuur het bevestig dat die wedrenne voorlopig nie op die kalender vervang sal word nie.
Bahrain se wedren by die Sakhir-baan sou op 12 April plaasvind, gevolg deur die Saoedi-Arabiese Grand Prix in Jeddah die volgende naweek.
Amptenare sê die besluit is geneem weens veiligheidsrisiko’s, insluitend aanvalle in die streek, lughawe-sluitings en toenemende spanning rondom Iran.








Comments