top of page



Die FWA se parkespan is volstoom aan die gang
Die Fichardtpark woonbuurtvereniging (FWA) in Bloemfontein se parkespan het vroeg aan die werk gespring. Al die parke se gras is reeds gesny. Luidens ‘n plasing op sosiale media is 31 sakke tuinvullis asook stortingsvullis verwyder. Hulle is ook besig met hul gifbespuitingsprogram waar 10 parke reeds met ‘n omgewingsvriendelike gif bespruit word om van onkruid ontslae te raak. Volgens die FWA is die doelwit om die parke doringvry te maak sodat kinders kaalvoet daar kan speel.

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jan 15


Centlec bedank ‘n Bloem-woonbuurtvereniging
Bloemfontein se kragverskaffer, Centlec, het die Fichardtpark woonbuurtvereniging (FWA) bedank vir hul goeie werk om ‘n vermeende kabeldief vas te trek. Die verdagte was glo besig was om kabels in Hudson Rylaan, Bloemfontein, te steel. Luidens ‘n plasing op sosiale media het Senforce die verdagte gerapporeer, waarna ‘n sekuriteits bestuurder van die FWA die verdagte met kabels in sy besit betrap het. Na verdere ondersoek is die verdagte deur die blitspatrolie vir diefstal e

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 8, 2025
bottom of page

