top of page



Trump ondersoek 'n ooreenkoms met Groenland
Die Amerikaanse president Donald Trump sê Washington ondersoek ’n moontlike ooreenkoms oor Groenland ná gesprekke met Navo-leiers. Trump sê die samesprekings het ’n raamwerk opgelewer wat op Arktiese veiligheid fokus, en hy het dreigemente oor invoertariewe teen Europese bondgenote laat vaar. Die BBC berig Trump het aangedui die moontlike ooreenkoms kan minerale regte insluit. Groenland het groot reserwes aardminerale, waarvan baie noodsaaklik is vir tegnologie, insluitend se

Saamgestel deur Ilde Roos
Jan 22


Trump hou vol hy wil Groenland beset
Die Amerikaanse president, Donald Trump, het sy dreigemente om beheer oor Groenland te neem herhaal, en hou vol dat die gebied noodsaaklik is vir die VSA. Hy het egter geweier om te sê hoe ver hy bereid is om te gaan om beheer oor die gebied te verkry. Die opmerkings het spanning met Europa verhoog voor sy besoek aan die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos. Europese leiers, insluitend Frankryk se president Emmanuel Macron, waarsku teen toenemende onstabiliteit, terwyl Groenland

Saamgestel deur Ilde Roos
Jan 21


Denemarke waarsku Trump
Denemarke se eerste minister, Mette Frederiksen, het president Donald Trump van die VSA aangesê om op te hou met dreigemente oor die oorname van Groenland. Sy sê die VSA het geen reg om enige deel van die Deense koninkryk te annekseer nie. Haar uitlatings volg ná hernude opmerkings deur Trump en ’n sosiale media-plasing wat Groenland in Amerikaanse kleure wys. Frederiksen beklemtoon Denemarke en Groenland is Navo-lede met ’n bestaande verdedigingooreenkoms met Washington. Int

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jan 5
bottom of page

