Denemarke waarsku Trump
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jan 5
- 1 min read
Denemarke se eerste minister, Mette Frederiksen, het president Donald Trump van die VSA aangesê om op te hou met dreigemente oor die oorname van Groenland.
Sy sê die VSA het geen reg om enige deel van die Deense koninkryk te annekseer nie.
Haar uitlatings volg ná hernude opmerkings deur Trump en ’n sosiale media-plasing wat Groenland in Amerikaanse kleure wys.
Frederiksen beklemtoon Denemarke en Groenland is Navo-lede met ’n bestaande verdedigingooreenkoms met Washington.
Intussen hou Trump vol dat Amerika Groenland vir nasionale veiligheid nodig het.







Comments