Trump ondersoek 'n ooreenkoms met Groenland
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jan 22
- 1 min read
Die Amerikaanse president Donald Trump sê Washington ondersoek ’n moontlike ooreenkoms oor Groenland ná gesprekke met Navo-leiers.
Trump sê die samesprekings het ’n raamwerk opgelewer wat op Arktiese veiligheid fokus, en hy het dreigemente oor invoertariewe teen Europese bondgenote laat vaar.
Die BBC berig Trump het aangedui die moontlike ooreenkoms kan minerale regte insluit. Groenland het groot reserwes aardminerale, waarvan baie noodsaaklik is vir tegnologie, insluitend selfone en elektriese voertuie. Hy sê die VSA sal nie militêre mag gebruik om die outonome Deense gebied te bekom nie.
Denemarke sê gesprekke sal voortgaan met respek vir sy soewereiniteit.







Comments