top of page



Bloem se water is veilig om te drink
Die Magaung Metro Munisipaliteit stel Bloemfonteiners gerus dat die munisipale watervoorraad veilig is vir huishoudelike gebruik én om te drink. Volgens 'n kennisgewing is tydelike waterverkleuring in sommige gebiede aangemeld. Dit na die onlangse herstelwerk aan pype en lekkasies. Hierdie verandering in kleur is slegs esteties en hou geen gesondheidsrisiko's in nie. Die metro voeg by dat die probleem tans deur beheerde spoeling en chlooroptimalisering aangespreek word. Norma

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 15, 2025


Herstelwerk aan die R76 tussen Steynsrus en Kroonstad begin momentum kry
Ná volgehoue druk van die VF Plus het die herstelwerk aan die R76 tussen Steynsrus en Kroonstad in die Vrystaat momentum begin kry. Maroela Media berig ná maande se monitering is daar sigbare verbeterings aan die pad van 48 km wat vir jare ’n bron van frustrasie vir inwoners en boere was. Die herstelprojek het reeds in 2019 begin en sou oorspronklik in 2022 voltooi gewees het. Die werk het egter vir byna twee jaar tot stilstand gekom nadat die Vrystaatse Departement van...

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 24, 2025
bottom of page

