top of page

Bloem se water is veilig om te drink

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Dec 15, 2025
  • 1 min read

Updated: Dec 17, 2025

Die Magaung Metro Munisipaliteit stel Bloemfonteiners gerus dat die munisipale watervoorraad veilig is vir huishoudelike gebruik én om te drink.


Volgens 'n kennisgewing is tydelike waterverkleuring in sommige gebiede aangemeld. Dit na die onlangse herstelwerk aan pype en lekkasies.


Hierdie verandering in kleur is slegs esteties en hou geen gesondheidsrisiko's in nie.


Die metro voeg by dat die probleem tans deur beheerde spoeling en chlooroptimalisering aangespreek word. Normale waterhelderheid sal luidens die kennisgewing so gou as moontlik herstel wees.


Ter illustrasie. FOTO: Pexels
Ter illustrasie. FOTO: Pexels

Comments


bottom of page