Herstelwerk aan die R76 tussen Steynsrus en Kroonstad begin momentum kry
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Oct 24
- 1 min read
Ná volgehoue druk van die VF Plus het die herstelwerk aan die R76 tussen Steynsrus en Kroonstad in die Vrystaat momentum begin kry.
Maroela Media berig ná maande se monitering is daar sigbare verbeterings aan die pad van 48 km wat vir jare ’n bron van frustrasie vir inwoners en boere was.
Die herstelprojek het reeds in 2019 begin en sou oorspronklik in 2022 voltooi gewees het.
Die werk het egter vir byna twee jaar tot stilstand gekom nadat die Vrystaatse Departement van Gemeenskapsveiligheid, Paaie en Vervoer, aangedui het dat meer as R270 miljoen van die projek verkwis is.






Comments