top of page



Bewerings van korrupsie in die onderwysdepartement word ondersoek
Bewerings van korrupsie binne die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding word deur die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) ondersoek. Volgens minister Buti Manamela ondersoek die eenheid ten minste 10 projekte wat vaardigheidsontwikkelingsverskaffers, Tvet-kolleges en koöperasies betrek. Die ondersoek gaan oor onreëlmatige uitgawes, bedrieglike kontrakte en wanbestuur van staatsfondse. Manamela sê van die geld word reeds verhaal. Buti Manamela. FOTO: Facebook

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 5, 2025


Honderde polisiebeamptes is weens korrupsie vervolg
Altesaam 313 polisiebeamptes is die afgelope 3 boekjare strafregtelik weens korrupsie aangekla. Netwerk24 berig dit is volgens die waarnemende minister van polisie, Firoz Cachalia, in antwoord op ‘n partementêre vraag. Uit die 313 is 32 by die polisie se nasionale hoofkantoor aangekla en 39 in die Vrystaat. Cachalia sê korrupsie word ingevolgende die polisie se tugregulasies as ernstige wangedrag beskou. Hy voeg by die tugregulasies word van begin tot einde deur die polisie

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 16, 2025


Daar is steeds vertragings in die Vrystaat premier se korrupsiesaak
'n Jaar nadat sakeman Patrick Phuti ernstige korrupsiebewerings teen die Vrystaatse premier Maqueen Letsoha-Mathae en haar man Lawrence...

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 13, 2025
bottom of page

