top of page

Honderde polisiebeamptes is weens korrupsie vervolg

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Nov 16, 2025
  • 1 min read

Altesaam 313 polisiebeamptes is die afgelope 3 boekjare strafregtelik weens korrupsie aangekla.


Netwerk24 berig dit is volgens die waarnemende minister van polisie, Firoz Cachalia, in antwoord op ‘n partementêre vraag.


Uit die 313 is 32 by die polisie se nasionale hoofkantoor aangekla en 39 in die Vrystaat.


Cachalia sê korrupsie word ingevolgende die polisie se tugregulasies as ernstige wangedrag beskou.


Hy voeg by die tugregulasies word van begin tot einde deur die polisie se bestuursafdeling vir mensehulpbronne geadministreer en gemonitor.


Ter illustrasie. FOTO: Facebook
Ter illustrasie. FOTO: Facebook

Comments


bottom of page