top of page



Hoofde van die padongelukfonds kry reuse bonusse
Die sukkelende Padongelukfonds het uitvoerende bestuurders R6.7miljoen in prestasiebonusse vir 2024/25 betaal. Dit sluit oor die R2 miljoen aan hul voormalige uitvoerende hoof in. Intussen worstel die fonds met meer as R10 miljard se onbetaalde eise en R40.4 miljard se totale verpligtinge. Skoor ondersoek tans bewerings van wanbestuur, verborge laste en buitensporige besteding. FOTO: Maroela Media

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 24, 2025


Daar is geen deernis vir ongelukslagoffers nie
Die Padongelukfonds se nuwe outomatiese eishanteringstelsel het nie deernis vir ongelukslagoffers nie. Dit volgens die Staande Komitee oor Openbare Rekeninge (Skoor). Volgens die fonds sal die stelsel na verwagting meer as R880-miljoen kos. Die stelsel het ook strenger beheermaatreëls in plek vir eisaansoeke. Skoor kritiseer die stelsel en sê sommige slagoffers sal moontlik tot R100 000 moet betaal om mediese kundiges te sien voordat hulle ‘n geldige eis indien. Ter illstrasi

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 21, 2025


Die Padongelukfonds se voormalige hoof wil nie voor Skoor verskyn nie
Die Staande Komitee oor Openbare Rekeninge (Skoor) sê dis kommerwekkend dat die voormalige uitvoerende hoof van die Padongelukfonds, Collin Letsoalo, weier om voor hul ondersoek te verskyn. Letsoalo betwis Skoor se gesag om die fonds se finansiële sake te ondersoek. Hy is in April geskors ná die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) se ondersoek na ‘n huurkontrak vir die fonds se streekgebou in Johannesburg. Die SOE het bevind dat Letsoalo ingemeng het met die verkrygingsproses en

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 20, 2025
bottom of page

