Daar is geen deernis vir ongelukslagoffers nie
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Nov 21
- 1 min read
Die Padongelukfonds se nuwe outomatiese eishanteringstelsel het nie deernis vir ongelukslagoffers nie.
Dit volgens die Staande Komitee oor Openbare Rekeninge (Skoor).
Volgens die fonds sal die stelsel na verwagting meer as R880-miljoen kos.
Die stelsel het ook strenger beheermaatreëls in plek vir eisaansoeke.
Skoor kritiseer die stelsel en sê sommige slagoffers sal moontlik tot R100 000 moet betaal om mediese kundiges te sien voordat hulle ‘n geldige eis indien.






Comments