top of page




Sassa kondig toelae-betalingsdatums vir Junie aan
Die Suid-Afrikaanse Maatskaplike Sekerheidsagentskap (Sassa) het die amptelike betalingsskedule vir maatskaplike toelaes vir Junie bevestig. Uitbetalings sal na verwagting in die eerste week van die maand begin. Die agentskap sê die steier betalingsstelsel bly van krag om die druk op betaalpunte, kleinhandelaars en OTM’e te verminder, en om gladder toegang vir begunstigdes landwyd te verseker. Die toelaag vir ouer persone sal op Dinsdag 2 Junie betaal word. Die gestremdheidst

Saamgestel deur Armando Pieters
May 16


Sassa ontken samewerking met begrafnisskemas
Die Suid-Afrikaanse Maatskaplike Sekerheidsagentskap (Sassa) het ernstige kommer uitgespreek oor die beweerde misbruik van sy logo deur 1Life Insurance, nadat promosiemateriaal opgeduik het wat ’n amptelike vennootskap tussen die twee organisasies suggereer. IOL berig Sassa distansieer homself sterk hiervan en bevestig dat hy nie in vennootskap met 1Life Insurance is om begrafnisdekking te verskaf nie. Die agentskap het beklemtoon dat dit in geen stadium met versekeringsmaats

Saamgestel deur Ilde Roos
Apr 7


Sassa verskerp hul maatreëls
Die Suid-Afrikaanse Maatskaplike Sekerheidsagentskap, Sassa, sê hy verskerp maatreëls om homself en begunstigdes teen bedrog te beskerm. Sowat 400 000 begunstigdes is vir hersiening in kennis gestel, met meer as 70 000 profiele wat reeds opgeskort is nadat hersienings misluk het. Sassa sê ’n sekuriteitsbreuk in 2021 het Postbank se meesterkode vir die uitreiking van goudkaarte in ‘n slegte posisie geplaas, wat tot wydverspreide identiteitsdiefstal en bedrog in die Maatskaplik

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 8


Sassa snoei aan maatskaplike toelaes
Die Suid-Afrikaanse Maatskaplike Sekerheidsagentskap (Sassa) het tot dusver 70 000 toelaes opgeskort omdat hulle nie aan hul hersieningsproses voldoen het nie. Sassa se uitvoerende hoof, Themba Matlou, sê Sassa beplan om 420 000 maatskaplike toelaes in die huidige boekjaar te hersien. Hy sê die opgeskorte toelaes is deel van landwye pogings om beheer te verskerp en die integriteit van die maatskaplike bystandstelsel te beskerm. Matlou sê die hersieningsproses vir toelaes is n

Saamgestel deur Ilde Roos
Feb 6
bottom of page

