Sassa ontken samewerking met begrafnisskemas
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 4 days ago
- 1 min read
Die Suid-Afrikaanse Maatskaplike Sekerheidsagentskap (Sassa) het ernstige kommer uitgespreek oor die beweerde misbruik van sy logo deur 1Life Insurance, nadat promosiemateriaal opgeduik het wat ’n amptelike vennootskap tussen die twee organisasies suggereer.
IOL berig Sassa distansieer homself sterk hiervan en bevestig dat hy nie in vennootskap met 1Life Insurance is om begrafnisdekking te verskaf nie. Die agentskap het beklemtoon dat dit in geen stadium met versekeringsmaatskappye of begrafnisskemas saamwerk nie, en duidelik gemaak dat enige andersoortige suggestie die publiek mislei.
Sassa het ook versekeringsmaatskappye en begrafnisskemas gewaarsku teen die onregmatige gebruik van sy logo, en gesê dat die agentskap nie wanvoorstelling van sy handelsmerk sal duld nie.
In reaksie hierop het 1Life Insurance die agentskap se openbare verklaring erken en gesê dit neem enige kommer rakende die gebruik van sy handelsmerk of logo ernstig op.








Comments