Sassa snoei aan maatskaplike toelaes
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 3 hours ago
- 1 min read
Die Suid-Afrikaanse Maatskaplike Sekerheidsagentskap (Sassa) het tot dusver 70 000 toelaes opgeskort omdat hulle nie aan hul hersieningsproses voldoen het nie.
Sassa se uitvoerende hoof, Themba Matlou, sê Sassa beplan om 420 000 maatskaplike toelaes in die huidige boekjaar te hersien. Hy sê die opgeskorte toelaes is deel van landwye pogings om beheer te verskerp en die integriteit van die maatskaplike bystandstelsel te beskerm.
Matlou sê die hersieningsproses vir toelaes is noodsaaklik om te help beskerm teen die verkwistende gebruik van regeringshulpbronne.




Comments