top of page



‘n Winterstorm in Amerika eis die lewe van talle mense
Minstens 20 mense is oorlede in ‘n groot storm wat dele van Amerika tref. Duisende mense sit ook sonder krag. Volgens BBC News is sterftes aangemeld in onder andere New York, Tennessee, Louisiana en Texas, waar 'n 16-jarige meisie in 'n slee-ongeluk oorlede is. Meer as 10 000 vlugte is gekanselleer en skole en paaie regoor die land is gesluit. Hierdie storm was selfs vir Kanada ‘n skok met die Pearson-lughawe in Toronto wat die naweek rekordbrekende sneeuval gesien het. FOTO

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jan 27


Talle mense is in botsing buite Bloemfontein oorlede
Tien mense is Saterdagoggend in botsing tussen ‘n vragmotor en ‘n bus is op die N8 tussen Bloemfontein en Botchabelo oorlede. Volgens Arrive Alive het nog ses mense ernstige en kritieke beserings opgedoen. Hulle is na die Pelonomi Trauma-eenheid geneem. Van die 41 mense betrokke in die ongeluk het vyf matige beserings opgedoen. 'n Volledige noodreaksie, met paramedici, brandweerdienste en wetstoepassingsbeamptes is op die toneel. Die ongeluk beïnvloed steeds verkeer in die g

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 15, 2025
bottom of page

