top of page

Talle mense is in botsing buite Bloemfontein oorlede

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Nov 15, 2025
  • 1 min read

Tien mense is Saterdagoggend in botsing tussen ‘n vragmotor en ‘n bus is op die N8 tussen Bloemfontein en Botchabelo oorlede.


Volgens Arrive Alive het nog ses mense ernstige en kritieke beserings opgedoen. Hulle is na die Pelonomi Trauma-eenheid geneem.


Van die 41 mense betrokke in die ongeluk het vyf matige beserings opgedoen.


'n Volledige noodreaksie, met paramedici, brandweerdienste en wetstoepassingsbeamptes is op die toneel.


Die ongeluk beïnvloed steeds verkeer in die gebied, en motoriste word versoek om versigtig te wees en die instruksies van amptenare op die toneel te volg.


FOTO: Arrive Alive
FOTO: Arrive Alive

Comments


bottom of page