‘n Winterstorm in Amerika eis die lewe van talle mense
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jan 27
- 1 min read
Minstens 20 mense is oorlede in ‘n groot storm wat dele van Amerika tref. Duisende mense sit ook sonder krag.
Volgens BBC News is sterftes aangemeld in onder andere New York, Tennessee, Louisiana en Texas, waar 'n 16-jarige meisie in 'n slee-ongeluk oorlede is.
Meer as 10 000 vlugte is gekanselleer en skole en paaie regoor die land is gesluit.
Hierdie storm was selfs vir Kanada ‘n skok met die Pearson-lughawe in Toronto wat die naweek rekordbrekende sneeuval gesien het.







Comments