top of page



SA vloothoof is moontlik in die sop oor Iran se oefeningdeelname
Die Suid-Afrikaanse Vloothoof, Monde Lobese, word luidens berigte ondersoek oor Iran se deelname aan ’n vlootoefening in Valsbaai. Iran se deelname was in stryd met direkte instruksies van president Cyril Ramaphosa. Iran moes onttrek aan Operasie Will for Peace, maar die oefening het voortgegaan. Die minister van verdediging, Angie Motshekga, het laat verlede week ’n ondersoekraad aangestel om vas te stel of die opdrag misverstaan of geïgnoreer is. Die raad het sewe dae om ve

Saamgestel deur Ilde Roos
Jan 19


Die Amerikaanse ambassade kritiseer die weermag oor vlootoefening
Die Amerikaanse ambassade in Suid-Afrika het die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag skerp gekritiseer oor vlootoefeninge saam met Iran. Dit volg nadat bevestig is dat ʼn Iranse korvet wel aktief deelgeneem het aan die Will for Peace 2026 oefening naby Simonstad. Die multinasionale oefening sluit skepe van Rusland, China, die Verenigde Arabiese Emeritate en Suid-Afrika in. Die VSA sê Iran se betrokkenheid ondermyn streekstabiliteit en bots met Suid-Afrika se beweerde nie-belynin

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jan 16


Iran onttrek hom aan SA se gesamentlike vlootoefening
Iran het sy oorlogskepe onttrek aan ‘n gesamentlike vlootoefening met Suid-Afrika, China en Rusland, te midde van toenemende politieke spanning. Drie Iranse skepe, wat reeds in Valsbaai is, sal nie meer deelneem aan die Will for Peace-oefeninge nie, wat ontwerp is om maritieme samewerking in Suid-Afrikaanse waters te bevorder. Die besluit volg op diplomatieke kommer oor streekskonflikte en druk om verdere spanning in die verhoudings met Westerse nasies te vermy. Die onttrekki

Saamgestel deur Ilde Roos
Jan 13


Buitelandse oorlogskepe arriveer in Suid-Afrika
Chinese en Iranse oorlogskepe het naby Suid-Afrika se hoofvlootbasis in Simonstad vasgemeer. Die skepe is hier vir gesamentlike vlootoefeninge wat van 9 tot 16 Januarie plaasvind. Die oefeninge, bekend as Will for Peace, sal na verwagting ook Russiese skepe insluit. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag sê die fokus is op skeepsveiligheid en maritieme ekonomiese sekuriteit. Die oefeninge kan verdere spanning veroorsaak met die VSA, wat Suid-Afrika se bande met Brics-vennote k

Saamgestel deur Ilde Roos
Jan 9
bottom of page

