Buitelandse oorlogskepe arriveer in Suid-Afrika
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jan 9
- 1 min read
Chinese en Iranse oorlogskepe het naby Suid-Afrika se hoofvlootbasis in Simonstad vasgemeer. Die skepe is hier vir gesamentlike vlootoefeninge wat van 9 tot 16 Januarie plaasvind.
Die oefeninge, bekend as Will for Peace, sal na verwagting ook Russiese skepe insluit. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag sê die fokus is op skeepsveiligheid en maritieme ekonomiese sekuriteit.
Die oefeninge kan verdere spanning veroorsaak met die VSA, wat Suid-Afrika se bande met Brics-vennote kritiseer.





Comments