13 verdagtes is in hegtenis geneem ná ’n plaasaanval in die Heilbron-distrik
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Nov 2
- 1 min read
Dertien verdagtes is in hegtenis geneem ná ’n plaasaanval in die Heilbron-distrik in die Vrystaat.
Die aanval het tot die dood van ’n plaaswerker gelei, terwyl sy 34-jarige vrou seksueel aangerand en gesteek is. Sy is in ’n plaaslike hospitaal behandel en verkeer tans in ’n stabiele toestand.
Volgens die waarnemende provinsiale kommissaris van die SAPD, Generaal-majoor Solly Lesia, is ’n grootskaalse soektog onmiddellik ná die voorval geloods, met noue samewerking tussen die polisie, die boerderygemeenskap, privaat sekuriteit en ander rolspelers. Binne enkele ure is die verdagtes opgespoor en in hegtenis geneem.
Die polisie het ook 22 gesteelde skape, ’n vuurwapen, ’n minibus en verskeie huishoudelike items teruggevind.
Die verdagtes sal binnekort in die Heilbron-landdroshof verskyn op aanklagte van moord, poging tot moord, verkragting, roof en veediefstal.






Hoekom die misleidende foto? Wys dit soos dit is !!!