2025 se Matrikulant van die Jaar word eersdaags bekend gemaak
- Nadia Pieters
- Oct 9
- 1 min read
Die wenner van vanjaar se Matrikulant van die Jaar word eersdaags in Bloemfontein bekend gemaak.
Netwerk24 berig tydens die eindrondte sal die 14 finaliste en hul ouers Maandag vir die finale beoordeling bymekaar kom.
‘n Span van agt beoordelaars wat die borge verteenwoordig, voer oor twee dae onderhoude met die kandidate, waarna die wenner Dinsdagaand aangekondig word.
Die Vrystaat het met sewe die meeste kandidate in die topgroep.
Bloemfontein se Hoërskool Jim Fouche het met vyf wenners tot dus ver die meerste wenners oor die jare heen opgelewer, terwyl Grey-kollege met Jayden Leech se wen verlede jaar, nou altesaam al vier wenners gehad het.

Comments