top of page

2026 se Geskiedenisolimpiade beloof om die grootste nóg te wees

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 5 hours ago
  • 1 min read

Inskrywings vir die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) se jaarlikse Internasionale Afrikaanse Geskiedenisolimpiade is oop – en beloof om die grootste nog te wees.


Volgens Parys Gazette sal die groter internasionale deelname en diepgaande leergeleenthede selfs sterker klem plaas op die belangrikheid van kennis en erfenis as boustene vir jongmense se indentiteit.


Danksy ’n samewerkingsooreenkoms met die Beweging vir Christelik Volkseie Onderwys het die projek aansienlik uitgebrei.


Leerders sal vanjaar die tweede rondte in ‘n lokaal skryf – die 15 lokale is reeds landwyd geïdentifiseer.


FAK se besturende direkteur, Danie Langer, sê geskiedenis is meer as net datums, feite en eksamenvraestelle - dit is ‘n sleutel tot behoort, rigting en selfvertroue.


Ouers word aangemoedig om hul kinders vroegtydig in te skryf, om hulle meer tyd te gee omvir die eerste rondte voor te berei.


Inskrywings is reeds oop | Koste: Gratis | Graadvlakke: Graad 4–12 | Handleidings: Word ná inskrywing voorsien


Navrae

Vir meer inligting, stuur ’n epos na olimpiade@fak.org.za of skakel +27 12 301 1777.


FOTO: Parys Gazette
FOTO: Parys Gazette

bottom of page