top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Talle kriminele is gevonnis vir Transnet-koperdiefstal van meer as R29 miljoen

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 11
1 min read

Updated: Oct 12

Die hooggeregshof in Bloemfontein het 26 mense gevonnis vir die diefstal van Transnet se koperkabels en die beskadiging van noodsaaklike infrastruktuur ter waarde van meer as R29 miljoen.


Volgens Netwerk24 is die misdade tussen Julie en Oktober 2021 op die spoorlyn tussen Springfontein en Bethulie gepleeg.


Al 26 beskuldigdes is skuldig bevind aan bendeverwante bedrywighede, asook verskeie aanklagte van koperdiefstal en die beskadiging van noodsaaklike infrastruktuur.


Volgens die polisie het Transnet ’n verlies van meer as R29,2 miljoen gely.


Die vonnisse wissel van 31 tot 798 jaar gevangenisstraf, maar verskeie daarvan sal gelyklopend uitgedien word.


William Sithole en Timothy Masocha het die swaarste vonnisse gekry, maar sal elk effektief 18 jaar tronkstraf uitdien.


Ter Illustrasie. FOTO: KI
Ter Illustrasie. FOTO: KI

 
 
 

Comments


bottom of page