top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die wenners van die eerste Mangaung 10K is gekroon

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
6 minutes ago
1 min read

Die wenners van die eerste ABSA Mangaung 10K is Sondag aangewys. Felix Masai het die mansafdeling gewen, terwyl Glenrose Xaba die vrouetitel ingepalm het met ’n tyd van 32 minute en 10 sekondes.


Onder die deelnemers was ook Rosestad 100.6FM se eie Francois Bouwer, wat ná die wedloop trots met sy medalje gepronk het. Volgens hom was die wedloop goed georganiseer, met toeskouers en vermaak langs die roete wat die hardlopers aangepor het.


Intussen vertel die Mangaung Metro Munisipaliteit dat die 10 km-roete deelnemers ook verby verskeie van Bloemfontein se historiese landmerke geneem het, waaronder die stadsaal, die Hoogste Hof van Appèl en die Ou Presidensie-museum.


Hulle voeg by die wedloop het daarmee ook die stad se ryk geskiedenis ten toon gestel.


Francois Bouwer. FOTO: Verskaf
Francois Bouwer. FOTO: Verskaf

 
 
 

Comments


bottom of page