Die Inkomstediens waarsku beïnvloeders op sosiale media om verdienste aan te meld

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens herinner sosialemedia-beïnvloeders en digitale inhoudskeppers om alle belasbare inkomste te verklaar.
Dit sluit handelsmerktransaksies, platformbetalings, gratis produkte en geborgde reise in.
Nuwe riglyne, wat op 20 Oktober gepubliseer is, verduidelik hoe inhoudskeppers aan hul belastingverpligtinge moet voldoen.
Die Inkomstediens vereis dat skeppers wie se belasbare lewerings oor 12 maande R2.3 miljoen oorskry, vir belasting op toegevoegde waarde, oftewel BTW, registreer, onderhewig aan toepaslike wetgewing.
Belastingkenners waarsku dat die versuim om inkomste te verklaar, ook dié van internasionale platforms, tot boetes, rente en in ernstige gevalle strafregtelike vervolging kan lei.









Comments