60 Minutes ondersoek die sogenaamde ‘wit volksmoord’
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Feb 25
- 1 min read
In 'n onlangse uitsending van die Amerikaanse program 60 Minutes het die bekroonde joernalis Anderson Cooper bevind dat plaasmoorde deel vorm van Suid-Afrika se breër misdaadkrisis, eerder as ’n georganiseerde uitwissing van wit boere.
Netwerk24 berig hy het aanvanklik ondersoek ingestel na Amerikaanse president Donald Trump se bewerings van ’n “wit volksmoord”. Die uitsending plaas die fokus op die spanning tussen politieke vertolkings en die werklikheid op Suid-Afrikaanse plase.
Hoewel boere erken dat plaasaanvalle ernstig is, verwerp verskeie die beskrywing van ’n georganiseerde uitwissing van wit mense. Die uitvoerende hoof van AgriSA, Johan Kotzé, sê in die uitsending as moord op ’n plaas plaasvind, dit nie bewys van ’n volksmoord is nie.
Die uitvoerende hoof van AfriForum, Kallie Kriel, gesê hulle gebruik nie die term "wit volksmoord" nie, maar daar is wel ’n ernstige bedreiging teen boere.







Comments