A-pokkegevalle in SA neem toe

43 minutes ago
1 min read
Die Departement van Gesondheid het aangekondig dat die aantal bevestigde gevalle van a-pokke in Suid-Afrika van 18 tot 22 gestyg het.
Die jongste gevalle sluit ‘n 47-jarige man van Kaapstad in, wat onlangs na Spanje gereis het, asook twee ingevoerde infeksies wat Duitse en Noorweegse burgers betref.
Van die 22 bevestigde gevalle is 18 in die Wes-Kaap, drie in Gauteng en een in KwaZulu-Natal. Al die pasiënte, behalwe een, is mans.
Die departement se woordvoerder, Foster Mohale, sê hulle werk saam met die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes, die Wêreldgesondheidsorganisasie en ander vennote aan kontak-opsporing en toesig.
LUISTER HIER:
Foster Mohale








Comments