top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Trump ontmoet Venezuela se tussentydse president

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
1 hour ago
1 min read

Die Amerikaanse president, Donald Trump, het Venezuela se tussentydse president, Delcy Rodríguez

, aan die kantlyn van die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering ontmoet.


Dit was hul eerste ontmoeting sedert Amerikaanse magte vroeër vanjaar die voormalige president Nicolás Maduro tydens ’n klopjag in Caracas gevange geneem het.


Rodríguez sê die ontmoeting is ’n historiese stap om bande met die VSA op die gebiede van energie, mynbou en veiligheid te versterk.


Sy voeg by dat haar administrasie diplomasie sal nastreef wat daarop gemik is om konkrete resultate en kollektiewe voordele vir Venezolane te bewerkstellig.


Delcy Rodríguez. FOTO: Bloomberg
Delcy Rodríguez. FOTO: Bloomberg

 
 
 

Comments


bottom of page