top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die jaarlikse verbruikersprys-inflasie het in Aug gestyg

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
1 hour ago
1 min read

Die jaarlikse verbruikersprys-inflasie het in Augustus tot 4,4 % gestyg, in vergelyking met 4,3 % in Julie. Statistieke Suid-Afrika sê pryse het op ’n maand-tot-maand-grondslag onveranderd gebly.


Behuising en nutsdienste het die grootste bydrae tot jaarlikse inflasie gelewer. Dit het met 5,2 % gestyg en 1,3 persentasiepunte bygedra.


Vervoerkoste het met 8,8 % toegeneem en 1,2 persentasiepunte bygedra, terwyl versekering en finansiële dienste met 5,7 % gestyg het en 0,6 van ’n persentasiepunt bygedra het.


‘n Woordvoerder van Statistieke Suid-Afrika, Patrick Kelley, sê inflasie vir goedere het effens afgeneem tot 3,3 %, van 3,4 % in Julie.


Hy sê intussen het inflasie vir dienste tot 5,1 % gestyg, van 5,%.


LUISTER HIER:


Patrick Kelley

Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page