top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

AA vra vrae oor nuwe bestuurslisensiekaart se diensverskaffer

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 3, 2024
1 min read

Die Automobiel Assosiasie (AA) het kommer uitgespreek oor die besluit van die Departement van Vervoer om IDEMIA Identity and Security as die voorkeurprodusent vir nuwe slim bestuurslisensiekaarte aan te stel. Dit volg op nuus dat die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika (Acsa) sy kontrak met IDEMIA beëindig het. Die AA sê die waarde van die kontrak  en die rede waarom IDEMIA aangestel is, moet bekend gemaak word.  Volgens Collen Msibi, Vervoer-woordvoerder, is maatskappye wat getender het aan deeglike evaluering onderwerp. Asook dat oudits gedoen is om die nakoming wetgewing en beleidsriglyne te bevestig.

 
 
 

Comments


bottom of page