Aanklagte teen ‘n beskuldigde in die varkplaas-moordsaak is laat vaar
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 8, 2025
- 1 min read
Aanklagte teen een van die beskuldigdes in die moord op twee vroue wie se liggame aan varke gevoer is, is in die Hooggeregshof in Polokwane in Limpopo teruggetrek. SABC News berig varkboer, Zacharia Olivier, en sy twee werknemers, Rudolf de Wet en William Musora, het na bewering twee vrou in Augustus verlede jaar op 'n plaas in Onverwacht buite Polokwane doodgeskiet. De Wet het staatsgetuie geword, en die aanklagte teen hom is teruggetrek. Regter Francis Kganyago het die saak tot Oktober vir verhoor uitgestel.






Comments