Aanlyn soektogte oor skoolboelies bereik ‘n hoogtepunt
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Aug 4
- 1 min read
Aanlyn soektogte oor skoolboelies in Suid-Afrika het met 202 % na 1 000 soektogte toegeneem in die week ná skole verlede maand vir die derde kwartaal heropen het.
Die nuwe ontleding deur Teneo Online School sê dit is die hoogste nog.
Die skool doen ’n beroep op ouers en skole om veilige ruimtes te skep waar leerders eerlik kan wees, en sê boeliegedrag floreer wanneer kinders stilbly.
Die instelling sê skole en aanlyn klaskamers moet verseker dat leerders betroubare maniere het om boeliegedrag aan te meld en ondersteuning ontvang wanneer hulle daaroor praat.








Comments