top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Aansoeke vir vuurwapenlisensies neem toe

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jun 2
  • 1 min read

Meer Suid-Afrikaners doen aansoek vir vuurwapenlisensies namate kommer oor misdaad, geweld en persoonlike veiligheid toeneem.


Eyewitness News berig dit is volgens die uitvoerende direkteur van Gun Free South Africa, Stanley Maphosa. Hy voeg by die toename het veral sedert 2020 duidelik geword.


Volgens hom is vrees en onsekerheid die grootste dryfvere agter die styging, met baie mense wat voel hulle kan nie altyd op die staat staatmaak om hulle teen geweld te beskerm nie.


Maphosa sê gebeure soos die onrus van Julie 2021 en onsekerheid oor moontlike veranderinge aan vuurwapenwetgewing het ook bygedra tot die toename in aansoeke.


Hy waarsku egter dat meer vuurwapens in omloop ook groter risiko's inhou.


Dit aangesien wettige vuurwapens soms verlore raak of gesteel word en in misdadigers se hande beland.


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix

 
 
 

Comments


bottom of page