Aantygings teen Mchunu kry uiteindelik volledige aandag
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 21
- 1 min read
Volgens die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, kry die polisiekommissaris van KwaZulu-Natal, Nhlanhla Mkhwanazi, se aantygings teen die minister van polisie, Senzo Mchunu, uiteindelik volledige aandag.
Hy voeg by mense kan nie sonder bewyse in hegtenis geneem word nie, en die land is nie 'n piesangrepubliek nie.
Volgens Netwerk24 ontken die ANC enige sprake van die selektiewe toepassing van geregtigheid en dié party se "opsystaanreël" – in dié geval Mchunu.
Volgens Mbalula het Ramaphosa gedoen wat 'n president in 'n grondwetlike demokrasie moet doen. Die ANC steun Ramaphosa se optrede.





Comments