Aanvalle plaas Suid-Afrika in die internasionale kollig
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Nov 28, 2025
- 1 min read
Die volgehoue krisis van plaasaanvalle en beleidsonsekerheid oor eiendomsreg ondermyn die land se vermoë om voedsel te produseer.
Dit plaas Suid-Afrika in die internasionale kollig – en nie op ʼn goeie manier nie.
Volgens Maroela Media het Vrystaat Landbou (VL) kennis geneem van die onlangse internasionale kommentaar rakende die situasie in Suid-Afrika.
Dit veral ten opsigte van landelike veiligheid, die behandeling van boere en die breër beleidsomgewing rondom eiendomsreg en grondhervorming.
Die organisasie dring daarop aan dat die kwessie van landelike veiligheid nie bloot as ʼn politieke spel beskou moet word nie, maar as ʼn ernstige menseregtekwessie wat die regering se dringende aandag vereis.
Volgens VL se president, Francois Wilken, leef landelike gemeenskappe in die Vrystaat onder ʼn konstante swaard van vrees.







Comments