Aardbewings ruk Japan en Venezuela
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jun 25
- 1 min read
'n Sterk aardbewing van 7,2 het Donderdagoggend die noorde van Japan getref.
Volgens die Japanse Meteorologiese Agentskap het die aardbewing die kus van Iwate-prefektuur op 'n diepte van sowat 44 kilometer getref.
Die agentskap sê daar is geen tsoenami-risiko nie, maar inwoners moet waaksaam bly weens die moontlikheid van grondstortings en ineenstortende geboue.
Volgens die Japanse eerste minister is noodmaatreëls reeds in werking gestel.
Intussen probeer reddingswerkers in Venezuela steeds mense red wat onder puin vasgekeer is nadat twee aardbewings die land getref het.
Geboue in die hoofstad, Caracas, het ineengestort en wydverspreide verwoesting is aangemeld.
Owerhede vrees 'n hoë dodetal en ernstige skade aan huise en infrastruktuur.








Comments