top of page

AARTO gaan help om padsterftes te bekamp

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Sep 4
  • 1 min read

Die Padverkeersoortredingsowerheid (RTIA) sê die dreigende uitrol van die Administratiewe Beregting van Padverkeersoortredings-stelsel (AARTO) na 69 munisipaliteite regoor die land is 'n poging om die hoë aantal padsterftes in die land te bekamp. SABC News berig die stelsel sal op 1 Desember vanjaar in werking tree, na president Cyril Ramaphosa die proklamasie in Augustus onderteken het en die AARTO-wet amptelik in die Staatskoerant gepubliseer het. Volgens ‘n RTIA-woordvoerder is die hoofdoel van AARTO nie net om die sterftes op paaie te voorkom nie maar bied padgebruikers ook n aantal regte en opsies waarvan hulle kan voordeel trek.

 
 
 

Comments


bottom of page