top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Aarto gaan voort soos geskeduleer

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jul 2
  • 1 min read

Die implementering van Fase Twee van die Wet op Administratiewe Beregting van Padverkeersoortredings (Aarto) sal volgens die Padverkeersoortredingsowerheid soos geskeduleer voortgaan


Dit volg op ‘n uitspraak van die Gauteng-hooggeregshof wat die Suid-Afrikaanse Plaaslike Regeringsvereniging (Salga) se dringende aansoek van die rol geskrap het.


Salga het gepoog om die uitrol te stop weens kommer oor gereedheid, infrastruktuur en befondsing.


Die hof het egter bevind dat daar geen dringendheid en geen bewys was dat Salga gemagtig was om namens munisipaliteite op te tree nie.


Die Padverkeersoortredingsowerheid sê dat hulle ten volle voorbereid is, met ‘n beplande uitrol oor 62 munisipaliteite en ondersteunende stelsels in plek.


Ter illustrasie. FOTO: Freight News
Ter illustrasie. FOTO: Freight News

 
 
 

Comments


bottom of page