Aarto is gereed om uit te rol
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 8, 2025
- 1 min read
Die Administrative Adjudication of Road Traffic Offences (Aarto)-stelsel sal op 1 Oktober vanjaar in 69 munisipaliteite uitgerol word terwyl die res in Februarie volgende jaar sal volg. So het die Adjunkminister van Vervoer, Mkhuleko Hlengwa, tydens sy Begrotingsstemming toespraak aangekondig. Volgens Nuus in Afrikaans is Aarto ’n strafpunte-stelsel wat bestuurders penaliseer vir verkeersoortredings. Bestuurders begin met nul punte en kan tot 15 punte opbou voordat hul lisensie vir drie maande of langer geskors word. Na twee skorsings word die lisensie gekanselleer. Daar word verder berig sonder verdere oortredings verval die punte na drie maande en rehabilitasieprogramme sal beskikbaar wees vir herhaal-oortreders.






Comments