Aarto is weer uitgestel
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Nov 11
- 1 min read
Die instelling van die omstrede Aarto-wet is weer uitgestel – dié keer met sewe maande.
Maroela Media berig die Wet op die Administratiewe Beregting van Padverkeersoortredings (Aarto) sal nou eers middel volgende jaar op 1 Julie geïmplementeer word.
Volgens die Departement van Vervoer se nasionale woordvoerder het hulle onlangs ʼn assessering gedoen van die gereedheid van sommige van die munisipaliteite wat deel sou wees van die eerste implementeringsfase.
Verskeie kwessies het tydens die assessering opgeduik.
Dit sluit in die finalisering van die opleiding van wetstoepassing- en administratiewe personeel, die harmonisering van die huidige munisipale-wetstoepassingstelsels en die befondsing daarvan.






Comments