AARTO verdeel verkeersoortredings in twee kategorieë
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 2 days ago
- 1 min read
Die Wet op die Administratiewe Beregting van Padverkeersoortredings (AARTO) sal oortredings volgens erns in twee kategorieë verdeel word.
Top Auto berig minder ernstige sake sal as verkeersoortredings geklassifiseer word en administratief deur die Padverkeersoortredingsagentskap (RTIA) hanteer word. Ernstiger oortredings sal as misdrywe beskou word en deur die regstelsel afgehandel moet word.
Dit verskil van die huidige stelsel, waar byna elke munisipaliteit verkeersoortredings ingevolge die Strafproseswet hanteer.
AARTO sou aanvanklik op 1 Desember verlede jaar in werking tree. Indien dit nie weer uitgestel word nie, begin die eerste fase van die uitrol op 1 Julie vanjaar.








Comments