top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Aasvoëls se beskerming bly ‘n prioriteit

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 6, 2025
1 min read

Volgens die minister van bosbou, visserye en die omgewing, Dion George, bly die beskerming van aasvoëls steeds ’n nasionale prioriteit.


Maroela Media berig George se uitlatings kom in aanloop tot die vergadering later vanjaar van partye wat deel is van die Afrika-Eurasiese migrerende watervoëls-ooreenkoms.


Net vanjaar het twee massavergiftigingsinsidente gelei tot die dood van honderde aasvoël, en volgens George kan die verlies van duisende aasvoëls rampspoedige gevolge vir die omgewing en openbare gesondheid hê.


Vergiftigde karkasse – dikwels daar gelaat deur stropers – eis jaarliks groot getalle aasvoëls.


Sonder aasvoëls bly karkasse verrot in die veld, wat onder andere ʼn toename in rondloperhonde en vrektes weens hondsdolheid verhoog.


Ter illustrasie. FOTO: Maroela Media
Ter illustrasie. FOTO: Maroela Media

 
 
 

Comments


bottom of page