ACDP: 'die CRL-kommissie kon nie vrede tussen godsdiensgemeenskappe bevorder nie'
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Feb 19
- 1 min read
Die ACDP sê die CRL-kommissie het nie daarin geslaag om respek en vrede tussen verskillende kulturele, godsdienstige en taalgemeenskappe te bevorder nie.
ACDP-leier, Kenneth Meshoe, sê die kommissie het eerder groot moeite gedoen om godsdiens te probeer reguleer – iets wat die ACDP heeltemal verwerp.
Meshoe vra dat die voorsitter van die CRL-kommissie, Thoko Mkhwanazi-Xaluva, berispe word vir wat hy noem verdelende uitsprake teen Christene, wat grondwetlike waardes ondermyn. Hy sê haar geskiktheid om as voorsitter van die CRL-kommissie te dien, moet ondersoek word.
LUISTER HIER:
Kenneth Meshoe







Comments