Ace Magashule vat ‘n Vrystaatse munisipaliteit hof toe
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 1, 2025
- 1 min read
Die African Congress for Transformation (ACT), gelei deur Ace Magashule, het 'n regsgeding teen die Vrystaatse Ngwathe Munisipaliteit en sy raad van stapel gestuur. Volgens Central News is die regsgeding om wat hulle as ‘n onwettige appèl om ontbinding te vermy, stop te sit. Hierdie stap kom nadat 'n uitspraak van die Hooggeregshof in Bloemfontein die raad se ontbinding gelas het. Dit weens die versuim om basiese dienste soos water en sanitasie aan inwoners in dorpe soos Parys, Vredefort en Heilbron te lewer. ACT beweer dat die sukkelende munisipaliteit se appèl nie behoorlike raadsgoedkeuring het nie en die risiko loop om openbare fondse te vermors, asook om hul finansiële krisis te vererger.







Comments