top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

ACSA is gereed vir die reisseisoen

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Dec 20, 2024
  • 1 min read

Die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika (ACSA) het die versekering gegee hulle is gereed vir die feesreisseisoen. Dit volg ná verlede week se bedryfsuitdagings wat tot vertragings gelei het. SABC News berig passasiers is weens 'n stelselfout by die paspoortbeheerverwerkingspunte vertraag. Vroeër die maand was daar ook vertragings en kansellasies as gevolg van ‘n brandstofomleiding. Volgens die uitvoerende hoof van ACSA, Mpumi Mpofu, is die voorvalle betreurenswaardig, maar dit beteken nie dat daar ‘n gebrek aan voorbereiding van hul kant af is nie. Hy sê alles het tot stilstand gekom omdat hulle tussen 2019 en April 2024 nie in staat was om projekte te implementeer nie.

 
 
 

Comments


bottom of page