top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Acsa maak vir sy besigste dag hierdie feestyd gereed

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Dec 12, 2024
  • 1 min read

Die Lughawensmaatskappy Suid-Afrika (Acsa) sê Vrydag sal sy besigste dag hierdie feestyd wees. Asca het aangekondig dat hulle môre amper 130-duisend passasiers en oor die duisend bewegings oor sy lughawens sal verwerk. Die entiteit berei ook vir aansienlike passasiersvolumes volgende Vrydag asook die 3de Januarie voor. Acsa het passasiers verseker dat hulle alles moontlik doen om hierdie hoë verkeersdae versigtig te bestuur. Die uitvoerende hoof van Acsa, Mpumi Mpofu, het vroeër bevestig dat hul brandstofuitdagings, wat vlugte by die OR Tambo Internasionale Lughawe vroeër die week vertraag het, opgelos is.

 
 
 

Comments


bottom of page