Acsa sal voortgaan om grense te beheer
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Dec 13, 2025
- 1 min read
Updated: Dec 15, 2025
Die lughawemaatskappy Acsa sê hy sal voortgaan om nou saam met die Grensbestuursowerheid en lugrederye te werk om Suid-Afrika se immigrasie- en veiligheidsvereistes streng toe te pas.
Dit volg nadat vermeende mensehandelbedrywighede hierdie week by die O.R Tambo Internasionale Lughawe ontwrig is, wat veertien Ethiopiërs en sestien Bangladesjiese burgers betrek het.
Acsa sê hy is verbind tot die beskerming van die integriteit van die land se toegangspunte.
Die grensbestuursowerheid sê passasiersdata het verdagte reispatrone uitgewys wat met mensehandelsindikate verbind word.







Comments