top of page

ACSA skors hul uitvoerende beampte

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 12, 2025
  • 1 min read

Die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika (ACSA) het die groep se uitvoerende beampte van ondernemingssekuriteit en nakoming op voorsorgskorsing geplaas. Dit hangende die uitslag van 'n onafhanklike ondersoek na bewerings van operasionele onreëlmatighede. Luidens ‘n mediaverklaring is hierdie besluit 'n belangrike maatreël om die integriteit van die ondersoekproses asook enige huidige en daaropvolgende prosesse te beskerm. ACSA verseker dat hul daaglikse funksies nie deur hierdie besluit beïnvloed sal word nie. Intussen het ACSA  ook 'n groot prestasie aangekondig, met twee van hul lughawens wat die hoogste eerbewyse by die AirHelp Score 2025 ontvang het. Dit is een van die wêreld se mees gesogte en omvattende ranglyste van lughawediensgehalte. Die Kaapstad Internasionale Lughawe is as die beste lughawe ter wêreld aangewys, terwyl die King Shaka Internasionale Lughawe in Durban met trots 'n sewende plek wêreldwyd behaal het. ACSA voeg by toekennings soos hierdie bevestig Suid-Afrika se reputasie as 'n wêreldklasbestemming vir toerisme-belegging.

 
 
 

Comments


bottom of page