Action Society bevraagteken misdaadstatistieke
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Feb 22
- 1 min read
Updated: Feb 23
Action Society bevraagteken die betroubaarheid van die nuutste kwartaalikse misdaadstatistiek. Die burgerregtegroep sê op sy webtuiste dat die werklike toets van 'n funksionerende strafregstelsel nie gaan oor hoeveel sake aanhangig gemaak is nie, maar oor hoeveel kriminele skuldig bevind word.
Action Society hou vol dat arrestasies sonder skuldigbevindings nie gewelddadige misdaad keer nie. Hy sê dat, sonder deursigtige en betroubare data oor geweld teen vroue en kinders, die syfers nie die werklike toestand van Suid-Afrika se regsisteem weerspieël nie.
Die burgerregtegroep se woordvoerder, Juanita du Preez, sê die onvermoeë om akkurate data te voorsienm ondermyn verwantwoordbaarheid en dui op 'n ontstellende tekort aan prioritisering van die veiligheid van vroue en kinders. Sy sê dit wys op ‘n strafregstelsel wat oorlewendes dikwels in die steek laat.
Die organisasie eis dat betroubare statistiek oor geslagsgebaseerde geweld dringend gekorrigeer word.








Comments